In hierdie week se boodskap:
God is goed, tot die einde toe.
Die algemene reaksie wanneer ons Genesis 22 lees, is dat God wreed is. God vra vir Abraham om sy seun, sy enigste seun, sy seun, Isak te offer.
God vra Abraham spesifiek op 3 maniere sodat Abraham nie kan sê hy was onseker oor wíé, God wou gehad het hy moes offer nie.
-
In vandag se tyd staan ons terug en dink ons hoef gelukkig niks te offer nie, Jesus is dan vir ons geoffer.
Wat ek en jy baie keer vergeet is : Ons is almal soms Abraham. Wat jou Isak is en wat jou god is verskil dalk net van myne. Wat lê jy op die altaar?
Wat offer jy? En wat is jou god? Jou Isak kan jou familie wees, jou gesondheid, moraliteit, jou huwelik of jou verhouding met God, nét jy weet.
Jou god kan jou werk wees, geld, status of dalk is dit net jouself, maar net jy weet.
Daar is kere waar jou gesin geoffer word sodat jy meer geld maak, of jou huwelik word op die altaar geplaas want “wat is nog ‘n drankie nou tussen kollegas?”...
-
Abraham moes Isak offer en God, wetend dat Abraham gehoorsaam sal wees het ‘n ram gestuur om in die plek van Isak geoffer te word.
So ook het God, Sy enigste seun, Sy seun vir wie Hy só lief is, Jesus gestuur in jou plek om geoffer te word.