In hierdie week se boodskap:

Volg die Vloei!

Die pyl skiet hemel toe!

Vandag ken ons dit as die reënboog.

Die konstante herinnering dat God vir jou veg, dat God opdaag.

God het reeds in Noag se tyd, die straf op Homself gevat.

In ‘n vervalle volk staan ‘n man op wat God kies, Noag.

God het Noag gekies omdat hy sagmoedig was, hy was nie geweldadig en korrup soos die res van die volk nie.

Die volk het hulself weg gedraai van God af.

Noag het God gesoek, God gevolg en was gehoorsaam toe God hom instruksie gegee het om die ark te bou.

Die kritiek van al die mense het Noag nie gekeer om te doen wat God hom beveel het nie, is jy soos Noag of soos die gebroke volk wat wegdraai van God af?

Wie se vloei volg jy? God of die wêreld?

Ons is besig met sagmoedigheid uit die vrug van die gees (Gal.5:22) waar Charl bedien uit die lewe van Noag.

Mag dit jou seën met die wete dat God vandag nóg vir jou veg!