In hierdie week se boodskap:
God is die enigste God!
Ons almal ken die storie. As jy nie doen nie, deel ek dit graag met jou: Israel woon in Egipte as slawe, God het plae gestuur om die Egiptenare geregtigheid te leer maar hulle wou nie die regte keuse maak nie. Israel was vir 430 jaar slawe.
God gebruik vir Moses om Israel te lei na bevryding, Moses was gehoorsaam en só kom die volgende opdrag om ‘n ram te slag teen skemertyd op die 14de dag wat geen vlek of misvormdheid het nie. Die bloed van die rammetjie moet teen die bokant en sykante van die deurkosyn gesmeer word waar die lam geëet word. Hierdie ram moet pote, kop en al gebraai word, nie gekook nie en ook nie rou nie, gebraai word en daar mag niks oorbly nie, alles moet opgeeët word voor die volgende oggend. Dit is ook nie ‘n feesmaal nie, dit moet vinnig geëet word. Só is God se volk gespaar, toe die Gees van God oor Egipte gaan is elke gesin gespaar wat God se opdrag gevolg het.
Dít is hoe Paasfees ingestel is.
Die doel van Paasfees is dat God, die enigste God is.
Nou hoe pas Jesus in? Jesus is gestuur om vir ons, in jou en my plek, soos ‘n lam geslag te word.
Jesus is ons Paaslam.
Toe Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, is ons bevry van dood en slawerny nes die Israeliete in Egipte.
Die Israeliete moes hulle lam deel as daar ander was wat nie gekry het nie, hoe lank terug het jy met iemand jou Paaslam, Jesus gedeel?
Die skadu van dood raak ons aan maar die dood sal ons nooit oorwin nie, want ons sal die ewigheid met Jesus kan deel.