In hierdie week se boodskap:

Jesus se dood koop ons vry!

Jesus is gekruisig en nou staan Sy graf oop! Kan jy, jouself indink dat so iets gebeur en jy dit beleef?Maria het dit gesien, sy het gesien die graf is, nie net oop nie, maar leeg.

-

Jesus se dissipels het Maria nie geglo nie, want opstanding was nie iets wat mense geglo het in die Nuwe Testament nie. Só oók het mans nie vrouens gesien as kredietwaardige bronne nie.

Toe Jesus gekruisig is, is hy mishandel, geteister en só bebloed dat niemand Hom meer sou herken nie.

-

Jesus het opgestaan uit die dood, maar hoekom? Wat leer ons? Die dood is sonde se angel, Jesus word sonde en breek die houvas van dood en draai die situasie om na lewe.

Jesus het opgestaan, dit wys Jesus is wérklik God. Jesus se dood, opstanding en oorwinning van die dood koop ons vry! Wat beteken dit vir ons? Dit beteken ons lewe, ons het hoop en ewige lewe wanneer jy Jesus aanneem as jou Verlosser en Saligmaker.

-

Ons herken Jesus nie in pyn nie, ons herken Jesus wanneer hy praat en ons harte brand vir Hom.

Audio Block
Double-click here to upload or link to a .mp3. Learn more