In hierdie week se boodskap:

Ongeag ja, ongeag!

Ons vind onsself op reis saam Paulus vir die evangelie.

Paulus vat geld vir die kerk in Jerusalem wat bestaan uit Jode, die geld kom van die Grieke af en so hoop ons word die kerk onder verskillende kulture verenig.

In hierdie tyd kry Paulus in Handelinge 21:11, ‘n profetiese woord wat deel dat hy in Jerusalem in hegtenis geneem gaan word.

Soos ons Paulus ken reeds van vorige sendingsreise, bly hy getrou aan sy roeping.

Handelinge 21:14 ‘Laat dan die wil van die Here geskied”.

-

Wat sal jou reaksie wees? Wanneer jy ‘n woord kry van die Here wat jou waarsku, sal jy wegbly of soos Paulus steeds volhard in jou roeping?

-

Ons besef gereeld, ons is gemaklik maar dit ontwrig ons nie. Gemaklik is eenvoudig, gemaklik is roetine.

God het jou nodig om Hom te verkondig, nie gemaklik terug te sit en wag dat iemand anders dit doen nie.

God se wil is altyd bo ons wil.

-

Soos Paulus volhard in sy roeping, moet jy ook volhard in joune.

Jy het ‘n roeping, en partymaal struikel jy in die proses van wat dit is, maar as jy weet wat dit is, doen dit!

VOLHARD IN JOU ROEPING!

As jy twyfel wat jou roeping is, sal ons graag steeds saam jou wil bid. Stuur vir ons ‘n whatsapp of epos. Jy is vir ons belangrik.

(061) 530-8689 / hartenbos@lewendewoord.co.za