In hierdie week se boodskap:
Sagmoedigheid
Numerie handel oor die die 40 jaar wat die Israeliete in die woestyn deurgebring het.
In Numeri 12 kom Mirjam en Aaron in opstand teen Moses, hulle praat sleg van sy vrou.
Die Israeliete kom ook in opstanding en is ontevrede met God se voorsiening, hulle soek vleis, nie net manna nie.
Die opstanding maak dat Mirjam gestraf word en Aaron word weggestuur.
Mirjam en Aaron se reaksie op Moses wat God se stem hoor was dat God sekerlik ook dan met hulle sal praat, maar hulle het nie God gesoek nie, hulle wou aansien he.
Toe word Mirjam gestraf deur haar gelaat te verander.
Moses is sagmoedig en tree in vir Mirjam, hy smeek vir haar gesondheid by God.
Ons sien hier dat sagmoedigheid nie swakheid is nie, maar dat dit juis die omgekeerde is.
Sagmoedigheid maak jou sterk,
Ons weet ook dat God met ons praat, ons weet God wil verhdouing met ons he, so kan jy onthou waar jy was toe God die eerste keer met jou praat? Kan jy onthou waar jy was toe God jou geroep het? Waarmee was jy besig?
Dit is deel van jou storie, om te dien en sagmoedig te wees, nie hoogmoedig en swak nie.