In hierdie week se boodskap:

Jona, Jona...JONA gaan na Ninive!

En wat doen Jona? Hy gaan Tarsus toe.

Was jy ook daar? Was jy al op ‘n plek waar jy weet jy moet iets doen, maar jy doen nie?

Want hoekom moet God iemand anders seën?

Hoekom moet God iemand anders genadig wees

as jy dan swaartrek?

-

Jona is bang, hy wil die situasie beheer en so kruip hoogmoed in sy hart. God het vir Jona gesê om Ninive toe te gaan.

Jona wou nie gaan preek nie, hy het geweet Ninive sou bekeer en God sou hulle vergewe.

Wat jy vergeet in jou verhouding met God is dat jy nie alleenreg het op Sy genade nie.

Wanneer God jou hulp vra, moet jy besef jy is belangrik en God wil jou gebruik of jy instem tot hulp of nie bly jou besluit.

God het presies geweet wat Hy doen toe Hy vir Jona aan mekaar geweef het, só óók met jou. God weet wat in jou steek, God weet wie jy is, God ken jou mooi en jou lelik maar wanneer God jou gebruik om jou vyand te red, sal jy instem? Het jy reg om kwaad te wees as God Sy hand uitstrek, deur jou wat gehoorsaam moet wees aan Sy stem?

Wat as jou wil die verskil is tussen iemand se siel wat verlore gaan of sy ontmoeting met die Skepper van die heelal?